LOT 1 - AJF17-550
Hierdie seun van VV14-397 is 'n goed gebalanseerde bul met sterk manlike eienskappe. Mooi kop, nek en skof, sterk oor die rug regdeur tot in sy heupe met 'n mooi stertaanhegting en kruis, lang boudlengte, maak die bul amper foutloos. Die bul is nie net op bouvorm gebalanseerd nie maar ook regdeur sy teelwaardes. Hy beskik ook oor baie goeie vleiseienskappe met 'n oogspier oppervlakte indeks van 104, baie goed oor die lende en net die regte tipe bul om prestasie vanaf die veld te waarborg.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
Koei
| Nee | 1. Melk 2. Gdt 3. Skrotum | 1. Balans 2. Oogspier 3. Agterkwart | 430mm |
Verduideliking van tabel :
STOET/KOMM : Albei = Hierdie bul dink ons kan jy in 'n stoetkudde sowel as 'n kommersiele kudde gebruik.
KOEI/VERS : Koei = Dis 'n sterk bul wat op koeie gebruik kan word, dus sterk kalwers teel.
SELF GEBRUIK : Nee - nie in ons Stoet of Kommersiele kudde gebruik nie
TEELWAARDES = 3 Van sy beste teelwaardes wat ons dink hy oor beskik is goeie melk ins sy dogters, Gdt - goeie gemiddelde gewigs toename per dag en Skrotumomvang.
BOUVORM : 3 Van sy beste bouvorm eienskappe is sy Balans , Oogspier (goeie bespiering) in die bul en mooi vol agterkwart.
SKROTUM : Is sy fisiese skrotum omvang tydens die veiling meet 430mm. Vir elke 20mm groter skrotum kalf jou verse 21 dae vroeer!
LOT 2 - AJF16-283
Lot 2 is een van 'n paar 4 jaar oud bulle op die veiling. Ons het hul almal vanaf 'n jong ouderdom in elke dekseisoen (winter en somer) gebruik, veral om verse te open. AJF16-283 het uitstekende oumas en groot oumas in sy stamboom wat baie goeie diens gelewer het in ons kudde. Hierdie bul se vermoe om verse te open sowel as om goeie groei en speenkalwers daar by te teel, is van sy uitstaan kwaliteite. Hierdie is 'n klipharde bul met goeie bouvorm.
AJF12-129 = LOT 2 SE OUPA
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
Verse
| Ja op verse | 1. Geboorte 2. Geb Maternaal 3. Skrotum | 1. Agterkwart 2. Lengte 3. Skrotum | 430mm |
AJF17-344 is 'n vroegryp bul wat met sekerheid 'n goeie kalwingsgemak bul is. In sy stamboom is daar heelwat diere wat ons self gebruik het met bewese syfers wat dit bevestig. Sy eie bouvorm is ook geskik om verse mee te open terwyl hy self goed in balans is met mooi kwaliteite soos haarkleed, goeie hormoon balans met mooi verdonkering oor die skof en nek. Hy is 'n vlesige bul wat ook nie te veel bespierd is nie.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Kommeriseel
| Koei | Nee | 1. Melk 2. Speen 3. Voeromset | 370mm |
LOT 4 - AJF16-323
'n Goeie seun van AJF14-141 (pa van lotte 5 en 9 ook) wie se pa LAR09-223 was. Die bul se moeders is Almal vrugbare koeie met hul TKP's rondom 360 dae. Lot 4 is bul met baie goeie lengte, groei en vleiseienskappe. Hy is ook geskik om op verse sowel as om op koeie te gebruik.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
ALbei
| Ja op verse | 1. Geb Maternaal 2. Voeromset 3. Skrotum | 1. Lengte 2. Skrotum 3. Oogbanke | 410mm |
LOT 5 - AJF16-309
Vroegryp
Goeie kapasiteit
Uitstekende haarkleed
Goeie kloue, skede en skrotum
Uitstekende bouvorm
Nog 'n seun van AJF14-141 wat ons self gebruik het en goed in balans is. Sy uitstekende ma, AJF14-257, het 'n TKP van 361 dae, 'n reproduksie indeks van 115 en alreeds vier goeie kalwers gespeen.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Stoet
| Albei | Ja op verse | 1. Geboorte 2. Geb Maternaal 3. Gdt | 1. Diepte 2. Breedte 3. Haarkleed 4. Lende |
430mm
|
LOT 6 - AJF17-522
Hierdie seun van AJF11-168 staan uit op vele eienskappe en is 'n vleisbees bul by uitsondering. Hy het genoeg bespiering (nie te veel), sprong van rib en lengte om al die boksies af te tik. Lot 5 staan mooi op sy kloue, het min foute terwyl al sy teelwaardes goed is. Sy gene is vol betroubare presteerders wat vir ons oor die jare goed gewerk het. Ons hou baie van die bul en wat hy als bied.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
Koei
|
Ja. Op Kommersiele Koeie |
1. Speen
2. Naspeen
3. Gdt
|
1.
2.
3.
|
410mm |
LOT 7 - AJF18-93
Die eerste 2.5 jaar oue bul op die veiling en met rede een van die lotte wat uitstaan. Donker rooi, vroegryp en breed is hy mooi geteel uit 'n Benjamin Bosch seun , WBB12-433, en uit 'n Up George koeilyn. AJF18-93 is 'n bewys dat wanneer twee uitstekende koeilyne (AG02-223 en LAR05-72) kombineer, die resultaat baie belowend is.
Top moeders, top prestasies en 'n bul wat goed vertoon, bied ons hom met tevredenheid aan vir die mark.
Top moeders, top prestasies en 'n bul wat goed vertoon, bied ons hom met tevredenheid aan vir die mark.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
Koei
|
Nee
|
1. Geb Maternaal
2. Skrotum
3. Lengte
|
1.
2.
3.
|
410mm
|
LOT 8 - AJF17-464
POENA
Ons eerste poena lot op vanjaar se veiling. Hy is 'n halfbroer van laasjaar se top verkoper, gekoop deur Nick Serfortein van Sernick. Lot 8 is poena bul wat sterk is oor sy rug, lende en agterkwart. Hy is ook breed met baie rumenkapsiteit en met min foute. Sy pa se kalwers is 100% poenas en Lot 8 is ook dan 'n poena bul. Sy goeie groei (GDT indeks van 110) en skrotum (indeks van 124) sluit mooi aan by sy ander uitstaande eienskappe. Hierdie lyn van poenas is 'n moet in 'n poena teelprogram.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Stoet
|
Koei
|
Ja
|
1. Geb Maternaal
2. Skrotum
3. Gdt
|
1. Kapasiteit
2. Kloue
3. Bene
|
420mm
|
LOT 9 - AJF16-320
Hierdie kleinseun van LAR09-223 is goed op geboorte, self gebruik op vers, speen swaar op 264kg en sy dogters sal baie melk (speen maternaal indeks van 114) he. Hy kom uit een van ons beste koei families (AJF01-23 'n VV94-61 dogter) wat 'n hoogs produktiewe koei was. Sy teel vir ons 4 bulle wat ons self in ons stoet en kommersiele kuddes gebruik het asook 'n dogter van haar wat ons embrios van gespoel het.
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Kommersieel
|
Albei
|
Ja op verse |
1. Geboorte
2. Melk
3. Skrotum
|
1. Lengte
2. Breedte
3. Skede en skrotum
|
400mm
|
LOT 10 - AJF17-587
Lot 10 is 'n bul wat ons self gebruik het as jongbul. Hy is uitstaande op speengewig, groei en voeromset. Daarby dra hy al die eienskappe wat ons in 'n tipiese vleisbees ras bul wil raaksien. Vleiseienskappe soos sy oogspier indeks van 127, onderhuidse vet indeks van 110 en daarby is sy mamering/binnespierse indeks 106 wat baie goed is vir 'n dier met 'n baie hoe oogspier oppervlak. Ons meet al vir jare al ons Fase D bulletjies vir hierdie eienskappe en hy is defenitief in die top 10% van hierdie eienskappe.
Sy ma is 'n pragtige koei met baie melk en produseer jaarliks vanaf die veld vir ons goeie kalwers.
AJF17-587 :
Koei waarde indeks = 114
Groei waarde indeks = 112
Produksie waarde = 115
AJF14-360 = PA VAN LOT 10
AJF06-110 = PA VAN AJF10-13 (MA VAN LOT 10)
STOET/
KOMM
|
VERS/
KOEI
|
SELF
GEBRUIK
|
TEEL-
WAARDES
|
BOU-
VORM
|
SKROTUM OMVANG
|
Albei
|
Koei
|
Ja in stoetkudde
|
1. Speen
2. Gdt
3. Voeromset
4. Skroum |
1. Kapasiteit
2. Breedte en toplyn
3. Agterkwart = lengte van boudspier
|
440mm
|